Laerskool Tygerpoort senior revuegroep neem aan die Centurion Kunstefees
ADVERTISEMENT
Laerskool Tygerpoort het hierdie jaar hulle heel eerste senior-revuegroep begin wat aan verskeie kompetisies deelneem en teen meer as 50 skole kompeteer. Die groep het vir agt maande hard gewerk aan danspassies en het vreeslik goed gevaar. Hulle tema is Dance Arcade en hulle het die verhoë warm gedans met helder kleure en vuurwarm danspassies.
Hulle het deelgeneem by die Centurion Kunstefees waar hulle ‘n A++ met 94% gekry het. Daarna het hulle aan die groot revue-kompetisies Kaleidoscope deelgeneem by die Pretoria Staatsteater waar hulle deurgedring het na die finaal en ‘n tweede plek met 95% bereik het. Ons is baie trots op al julle prestasies!










