Laerskool Stulting geniet nuwe opvoedkundige klimrame
ADVERTISEMENT
Gedurende 2021 het die Grondslagfase ‘n baie oulike Virtuele Kunsuitstalling gehou wat wonderlik deur ons ouers ondersteun is. Die fondse wat tydens hierdie projek ingesamel is, is aangewend vir nuwe opvoedkundige klimrame op die Gr.2’s se speelgrond.
Baie dankie aan ‘n ieder en elk wat hierdie projek moontlik gemaak het. Ons sien uit na vanjaar se kunsuitstalling waarvan die fondse hierdie keer vir die opknap van die Gr.3’s se speelgrond aangewend sal word. So begin solank jul spaarvarkies vol te prop vir daardie pragtige kunswerke waaraan ons Grondslagfase-maats reeds fluks besig is om aan te woeker en werskaf! Stulting laat jul graag met die volgende gedagte deur Fred Rogers: “Play is often talked about as if it were a relief from serious learning. But for children play is serious learning. Play is really the work of childhood.”
![]()










