Laerskool Rustenburg gimnaste deur na die Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Vanaf 2 Oktober tot 9 Oktober het vier van Laerskool Rustenburg se talentvolle leerders deelgeneem aan die Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe – ‘n prestasie wat harde werk, toewyding en passie weerspieël. Spesiale gelukwense aan ons twee Larrie manne – Dian van Niekerk en Carlo Mastoroudes – wat vir die eerste keer ooit Noordwes verteenwoordig. (Net tussen ons… geen ander skool in Rustenburg het dit reggekry nie! )













