Laerskool Rustenburg boogskiet Kraalhoek 3D Interskole uitslae
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 14 September 2024 het Laerskool Rustenburg se boogskietspan skitterend deelgeneem aan die Kraalhoek 3D Interskole Boogskietkompetisie by die Kraalhoek Boogskietbaan. In hierdie unieke 3D-kompetisie het die deelnemers op teikens in die vorm van realistiese 3D-diere geskiet. Ons Larries-span het nie net hul doelwitte behaal nie, maar dit met oorweldigende sukses oortref. Met ‘n mooi wentelling van 1578 uit 1800, is Larries aangewys as die Kraalhoek 3D Interskole kampioene vir 2024, wat ook die hoogste telling van die jaar is! Die Larries seunsskuts het 5 van die top 10 plekke verower, terwyl die dogterskuts 4 plekke in die top 10 ingeneem het. Die volgende skuts het besonder goed gevaar: Niel Schmidt het eerste geëindig onder die primêre-seunsskuts met ‘n telling van 277 uit 300, Micayla Meyer het eerste geëindig onder die primêre-dogterskuts met ‘n telling van 261 uit 300 (meer 10’e) en Chene van Niekerk het tweede geëindig onder die primêre-dogterskuts met ‘n telling van 261 uit 300.
Ons is uiters trots op al ons skuts wat tydens die kompetisie nie net hul sportmangees en toewyding gewys het nie, maar ook die trots en tradisies van Laerskool Rustenburg hoog gehou het. Boogskiet by Larries gaan nie net oor prestasies nie, maar oor die bevordering van gesonde dissipline en tradisie.

2 de Ry: Mej. Anél Jansen van Rensburg, Niel Schmidt, Karolus de Wet, Marko van Zyl, Chene van Niekerk, Micayla Meyer, mev. Cecilia Strydom. 1 ste Ry: Reghard van Aswegen.









