Laerskool Pretoria-Oos kwartaal 3 uitblinkers
ADVERTISEMENT
Laerskool Pretoria-Oos se eie slimkop. Simo van der Woude het aan die Natuurwetenskappe en Tegnologie Olimpiade deelgeneem wat deur die Departement van Onderwys aangebied is en deur gedring tot die finale rondte. Ons Osies is baie trots op jou!
![]()
7’s Rugby: Safran Fourie, ‘n Gr 7 leerder van Laerskool Pretoria-Oos, is gekies vir die Blou Bulle o.13 Sewespan. Safran is ‘n kranige sportman wat op verskeie gebiede uitblink. Hy swem, doen atletiek en speel rugby vir sy skool. Hy gaan die Blou Bulle Sewespan tydens drie toernooie in die volgende paar weke verteenwoordig.
![]()
Hokkie: Ons o.13 hokkiedogters is deur na die kwarteindrondte. Osies is trots op julle!
Krieket:
Ons o.9 A krieketspan sluit hulle seisoen af met n puik wen. Mooi gespeel seuns. Goeie seisoen. Die spannetjie wag op moontlike uitspele. Dankie aan Mr Jaco de Beer en Coach Luke Cannata wat die manne gebrei het. Osies is trots.
Ons o.10 A span sluit hulle seisoen af met ‘n goeie wen. Ons is trots op julle. Dankie aan Mnr Hendrik Pieterse en Coach Reynardt wat die seuns mooi gelei het. Trots!!!
Die o.11 A Krieketspan het ń puik wedstryd gehad. Baie geluk aan Ruben Brecher wat 83 lopies met die kolf aangeteken het. Osies is baie trots op hierdie manne.












