Laerskool Outeniqua redenaars skitter aan die ATKV semifinaal
ADVERTISEMENT
Laerskool Outeniqua is ongelooflik trots op drie van ons ATKV-leerders – Ane Marais, Ally van Rooyen en Fanie Spies – wat uitblinkers was by die ATKV redenaars semifinaal. Al drie het dit tot die Top 10 in hul kategorieë gemaak, ’n besonderse prestasie wat harde werk, toewyding en sprekersvernuf weerspieël. ’n Spesiale woord van geluk aan Ane Marais, wat eerste in haar groep geëindig het en nou deur is na die nasionale finale rondte.













