Laerskool Oranje-Noord vaar uitstekend by die SA Tweekamp Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
LON se Tweekampers het uitstekend gevaar tydens die SA Tweekamp Kampioenskappe wat op 22 Maart in Oudtshoorn gehou is. Ons is baie trots dat LON tydens die SA Tweekamp Kampioenskappe aangewys is as die derde beste laerskool in die land! Wat die prestasie soveel meer uitsonderlik maak is die feit dat LON derde is uit 19 deelnemende laerskole. Die skole kompetisie kyk na die totale punte wat elke skool se Tweekamp atlete tydens die SA Kampioenskappe vir hardloop en swem altesaam behaal het. Die top tien atlete van elke skool se atlete word dan as die skool se SA Tweekamp skolespan beskou.
Die LON skolespan tydens die SA Kampioenskappe wat m.a.w dan ook die top tien atlete van LON tydens die Kampioenskappe was (in volgorde van meeste punte na minste punte)is dan:
1. Llewellyn Orffer
2. Rynhardt van den Bergh
3. Lily Visser
4. McNeil de Waal
5. Noah Visser
6. Janko Carstens
7. Phillip Riley
8. Joani Mathewson
9. Jahné Fick
10. Gea March
Vir hierdie uitsonderlike prestasie kry elkeen van die atlete van LON ‘n brons medalje. Ons bedank al die afrigters van LON sowel as die buiteafrigters wat LON se Tweekamp atlete help afrig.










