Laerskool Noord-Eind kwartaal 3 hoogtepunte in ‘n neute dop
ADVERTISEMENT
Laerskool Noord-Eind kwartaal 3 propvol hoogtepunte. Interskole: Ons het ‘n baie suksesvolle Interskole teen Hugenote Laerskool gehad hierdie kwartaal. Skaak, kultuur, netbal, rugby en hokkie het gekompeteer gedurende hierdie hoogtepunt van ons winterseisoen kalender.
Hokkie dogters o.13
Hokkie seuns o.13
Netbal o.13
Rugby o.13
Skaak
Skaakspan
Tuimel: Cara-Mia Nel is ingesluit in die Weskaap Tuimelspan wat op 30 September aan die SA Spele in Pretoria gaan deelneem.
Cara-Mia Nel
Cara-Mia Nel
Rugby:Twee van ons seuns is ingesluit in die WP o.12 rugbyspan wat gedurende die vakansie in Riversdal gaan deelneem.
Reuben Young & Chergeo Fransman
Judo:Lee Burger het 2-5 Augustus deelgeneem aan die Statebond Judo Kampioenskappe 2023. Sy het ‘n silwer medalje in die dames pre-kadet onder 36kg kategorie verwerf.
Lee Burger
Kunsuitstalling: Ons het ‘n baie suksesvolle kunsuitstalling gehad hierdie kwartaal waar ons leerders se harde werk ten toon gestel is.















