Laerskool Noord-Eind is trots op leerder se uitstekende prestasie in redenaars
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Noord-Eind redenaar Corné Rabie wat aan die WITS Universiteit se Interskole Redenaarsliga, wat by Paul Roos aangebied is, deelgeneem het.
Corné het ’n uitstekende 93% vir sy toespraak behaal – ’n besondere prestasie wat getuig van harde werk, goeie voorbereiding en uitstekende redenaarsvaardighede.
Ons is baie trots op Corné en wens hom hartlik geluk met hierdie puik prestasie. Mag daar nog vele hoogtepunte op sy redenaarspad voorlê!













