Laerskool Nelspruit in Hollywood Revue 2023
ADVERTISEMENT
Die Nellies Revue van 2023. “Nellies in Hollywood” Daar is nie woorde om die ongelooflike produksie van Laerskool Nelspruit se Revue van 2023 te beskryf nie. Dankie aan elkeen wat betrokke was vir julle harde werk deur die jaar. Weereens dankie aan juf Monique Orton en haar span. Dankie aan elke liewe personeellid, dankie aan ons ouers, kinders, borge wat gehelp het om van die week een groot sukses te kon gemaak het. Groot waardering ook aan die Pa’s In Aksie, die OV, Beheerliggaam, Church Unlimited vir die perseel.

Mbali Masinga

Esti Bekker

Ilan Hauptfleisch
Dankie aan ons Admin dames vir die mooi maak van die Weldoeners area, dit het so mooi gelyk. Dankie aan Hi Tech Sekuriteit vir die Titelborgskap, ons kan nie genoeg dankie sê vir u ondersteuning nie. Dankie ook aan ons plaaslike media, die Laevelder en sy redaksie vir die publisiteit en ondersteuning. Laaste maar nie die minste, dankie aan ons Hemelse Vader vir die voorreg om sulke geleenthede vir ons kinders te kan bied. Dankie vir ons talente Liewe Heer. Ons is tot alles in staat deur U wat ons Krag gee! Sonder U is ons niks. Dit is voorwaar ‘n fees om ‘n Nellie te wees! Een vir almal en almal vir een! Saam maak ons een groot suksesvolle span. Dankie aan Jana Schlechter van die Laevelder vir die pragtige foto’s

Leah Kemp

Arno Wentzel

Leah Kemp









