Laerskool Muldersdrif 2022 Atletiekseisoen uitslae
ADVERTISEMENT
Vinnigste, hoogste en verste – alles deel van die atletiek woordeskat en hier by Mullies gebruik ons dit
prontuit!! Ons spring weg met ‘n heerlike Interhuis propvol pret en plesier. Die begin van ‘n belowende
atletiekseisoen na ‘n jaar van onsekerheid. Doelgerig en gefokus pak elke atleet sy of haar item aan
en met ywer.
Bedrywige 7 byeenkomste en 19 oefensessies later, pluk ons die vrugte of eerder dan die PRESTASIES!
72 Atlete neem deel by die Krugersdorp Kampioenskappe, 22 atlete dring deur na die Gauteng-Wes
Kampioenskappe. Met die wenstreep in sig is die atletiekseisoen nog ver nie verby nie, 8 atlete met ‘n
totaal van 14 items verteenwoordig Laerskool Muldersdrif by die Gauteng-Kampioenskappe.
Die volgende leerders maak gereed vir provinsiale deelname (Seuns o.9) Jeorge Pretorius, (Dogters
o.10) Mieke van der Merwe en Kiara Rossouw, (Seuns o.11) Luan Johannes en Aldré Wohlfahrt,
(Dogters o.12) Lea Hattingh, (Dogters o.13) Lené Eksteen en Biancha Weideman, hou beslis Mullies
se naam hoog. Baie sterkte! Met ‘n trotse Mulliehart sê ons dankie!
Dankie aan elke afrigter, onderwyser, ouer en atleet wat hierdie fenominale atletiekseisoen moontlik gemaak het. Die entoesiasme en toewyding is werklik aansteeklik. Jesaja 40:31 sê, “Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.” 2022 se atletiekseisoen weerspieël net hoop, nuwe krag en opgewondenheid, opgewonde
vir dit wat Mullies se atletiek vir ons inhou. Ons doel is dat Laerskool Muldersdrif se atletiek die glorie van God sal uitstraal. Mag ons Mullieharte altyd rooi, groen, geel en Christus klop!
Kiara Rossouw
Biancha Weideman,
Mieke van der Merwe
Aldré Wohlfahrt
Leah Hatting
Luan Johannes
Voor van links na regs Aldré Wohlfahrt, Mieke van der Merwe, Jeorge Pretorius
Middel: Kiara Rossouw Luan Johannes Leah Hatting
Agter: Biancha Weideman, Lené Eksteen
Lené Eksteen
Jeorge Pretorius










