Laerskool Montagu kore neem deel aan die Ratem Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Op 19 Augustus 2024 het Laerskool Montagu se Junior- en Seniorkoor deelgeneem aan Ratem Eisteddfod te Riversdal. Hulle het puik presteer en die uitslae is soos volg:
- Juniorkoor – 84%
- Seniorkoor – 95% en word ook aangewys as die algehele wenners van die aand.
Baie geluk Monties. Ons is baie trots op julle!
Ratem Eisteddfod – Privaat-inskrywings
Die volgende leerders het privaat ingeskryf vir Ratem Eisteddfod en uitstekend presteer. Baie geluk Monties en ook aan jul afrigter, me Retha Pool.
Luan Koekemoer Gedig – 91% Monoloog – 96%
Mari du Plessis Gedig – 88%
Olivia Alston Prosa – 89%









