Laerskool Kathu se hoofleiers vir 2026 aangewys
ADVERTISEMENT
Hoofleiers aangewys by Laerskool Kathu se Toekenningseremonie. Woensdag 5 November 2025 was ’n aand wat gekenmerk is deur die viering van ’n hele jaar se toewyding, deursettingsvermoë, harde werk en talent. Die Toekenningseremonie vir graad 6 en 7 het op die besondere aand plaasgevind.
- Hoofseun: Charlton Duimpies
- Hoofdogter: Megan Leipoldt
- Onderhoofseun: Ignus Nortjé
- Onderhoofdogter: Nicola Nysschen
Baie geluk en baie sterkte vir julle termyn. Mag die jaar vir julle ’n vervullende ervaring vol groei en geleenthede wees.
![]()










