Laerskool Hugenote se redenaars laat die tonge behoorlik klap
ADVERTISEMENT
Altesaam 14 van Laerskool Hugenote se redenaars het aan die eerste rondte van die Nasionale Oppie-Tong-Af-Redenaarskompetisie deelgeneem. Tydens hierdie kompetisie is hul oorredende “televisie-aanbiedingsvaardighede” getoets deurdat dit per lewendige video-uitsending plaasgevind het. Die tonge het behoorlik geklap en ons redenaars het uitstekende uitslae behaal. Almal het A+-toekennings verwerf!
![]()










