Laerskool Hugenote Redenaars presteer by ATKV-kompetisie
ADVERTISEMENT
Laerskool Hugenote Redenaars presteer by ATKV-kompetisie. Hugenote Laerskool se redenaars het uitstekend presteer by die eerste rondte van die Nasionale ATKV-redenaarskompetisie. Dertien sprekers het ons skool tydens hierdie rondte, waar honderde top-sprekers van regoor die provinsie deelgeneem het, verteenwoordig. Liamari Bindemann (gr. 3), Ané Human (gr. 4) en Mali Louw (gr. 5) het na die Wes-Kaap Finaal van hierdie kompetisie deurgedring. Dit is ‘n ongelooflike prestasie aangesien dit slegs die 30 beste sprekers per afdeling in die provinsie is wat vir hierdie rondte gekies word. Ons is baie trots op hulle!

Liamari Bindemann

Ané Human

Mali Louw










