Laerskool Hennopspark kies Hoofleiers vir 2026
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons 2026 Blougolfraad wat vandag, 30 Oktober, ingehuldig is. Laerskool Hennopspark is ongelooflik opgewonde om te sien watter verskil julle gaan maak as trotse leiers van ons skool. Julle dra die waardes van Hennops met trots en integriteit. ’n Spesiale geluk aan die volgende kaalvoetkinders wat verkies is as hoofleiers vir 2026:
- Hoofdogter: Alexi Claassen
- Hoofseun: CJ Dartnall
- Onderhoofseun: Colton Comacho
- Onderhoofdogter: Merize Smit
- Onderhoofseun: Wian Voogt
- Onderhoofdogter: Chenique Kooi
“Leierskap is nie om in beheer te wees nie, maar om vir dié te sorg wat aan jou toevertrou is.” — Simon Sinek









