Laerskool Helderkruin leerders blink uit tydens die interne Wiskunde Olimpiade
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Helderkruin se Top 2 leerders van elke graad in die Intermediêre en Seniorfase wat tydens ons interne Wiskunde Olimpiade uitgeblink het en nou deurdring na die Departementele (Cluster 4) Wiskunde Olimpiade! Hierdie slimkoppe gaan hul staal wys van 20–22 April 2026 by die Thakhisa Onderwyser Sentrum (Graad 7-datum nog te bevestig). Hier tel elke sekonde! Dis alles oor spoed, akkuraatheid en blitsdenke, met ongeveer 40 kitsrekene-vrae wat vinnig én foutloos opgelos moet word.
Julle het reeds bewys julle kan die somme baasraak – nou is dit tyd om die volgende vlak te vermenigvuldig! Sterkte, Kruiners! Mag julle antwoorde altyd klop en julle selfvertroue nooit deel nie!
















