Hoërskool Louis Trichardt leerders vaar uitstekend in die AMESA Wiskunde Olimpiade
ADVERTISEMENT
Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat die volgende leerders medaljes gewen het:
- Goue medaljes: Carli van den Berg & Uzair Khan
- Silwer medalje: Diana Jordaan
- Brons medaljes: Daniel Musekene & Tlangelani Sibiya
Hierdie uitstekende prestasie is ‘n bewys van harde werk, toewyding en ‘n liefde vir wiskunde. Wiskunde is die sleutel tot ‘n wêreld van kreatiwiteit en logika. Soos die groot wiskundige Carl Friedrich Gauss gesê het: “Wiskunde is die koningin van die wetenskappe.”
Hou aan met die harde werk! Hoërskool Louis Trichardt is trots op julle!
Daniel Musekene
Diana Jordaan
Uzair Khan
Carli van den Berg
Tlangelani Sibiya










