Laerskool Helderkruin dogterskrieket speel die veld aan die brand
ADVERTISEMENT
14 Wedstryde. Een Span. Onmeetbare Trots. Laerskool Helderkruin dogterskrieketseisoen het die laaste bal geboul – 14 keer het ons eerste senior dogterskrieketspan die veld aan die brand gespeel! Met vyfster-afrigting en ondersteuning wat jy net by Laerskool Helderkruin sal kry, staan ons vandag Kruiner-trots agter elke speler.
- Die passie en toewyding waarmee ons onderwysers werk, die manier hoe daar met leerders gekommunikeer word, en hoe selfvertroue, dissipline en vaardighede hier opgebou word – dit kry jy nie sommer by enige skool nie.
- Wanneer selfs jou sport- en dissiplinehoof tyd maak om ’n pragtige, bemoedigende boodskap te stuur aan die einde van die seisoen, dan weet jy: hier dra ons jou kind se belange op die hart.
By Helderkruin glo ons: Elke Kruiner = Ons trots!














