Laerskool George-Suid tennis lewer gehalte spel
ADVERTISEMENT
Laerskole van regoor die Tuinroete het op Vrydag 30 Augustus 2024 aan die vyfde RCS Rising Stars-toernooi in George deelgeneem. Hierdie toernooi word deur Tennis Suid-Afrika tesame met die RCS-groep aangebied. Baie geluk aan Laerskool George-Suid se dogterspan wat hierdie rondte gewen en deurgedring het na die provinsiale rondte wat Maandag 30 September 2024 in die Kaap gaan plaasvind.









