Laerskool Gene Louw spog met atletiek kampioene
ADVERTISEMENT
Laerskool Gene Louw atlete het uitstekend gevaar by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe en ’n rekordgetal van 7 medaljes verower!
Milea Jacobs (O.11) het ’n ongelooflike prestasie gelewer deur:
- Silwer – Hoogspring
- Silwer – 70m hekkies
- Brons – Verspring
- Silwer – Aflos
Ruben le Roux (Seuns O/11):
- Brons – 70m hekkies
- Silwer – Hoogspring
Carla Barnard (Dogters O/13):
- Nuwe Suid-Afrikaanse kampioen in hoogspring!
Wat ’n uitsonderlike prestasie deur al ons atlete! Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë het werklik vrugte afgewerp. Ons by Gene Louw is ongelooflik trots op elkeen van julle.









