Laerskool Gansbaai skaakspelers word genooi na Griekeland
ADVERTISEMENT
Gansies word genooi na Griekeland!Baie, baie geluk aan Danielle Stevens, Anneke du Preez en Rossouw Coetzer, wat gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by ‘n skaaktoernooi wat in Griekeland sal plaasvind. Dié skaaktoernooi word aangebied vanaf 12 tot 18 April 2025.Laerskool Gansbaai is ongelooflik trots op hierdie drie skaakspelers en wens hulle alle voorspoed en sterkte toe.










