Laerskool Gansbaai leerder presteer in skaak
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Isabelle de Villiers (o.9) wat op Saterdag, 19 Julie aan die Cape Winelands Open Skaaktoernooi deelgeneem het. Sy het in die o.10-afdeling meegeding en ’n uitstekende 7de plek algeheel behaal. Isabelle het ook ’n 2de plek onder die dogters in die o.10-groep verower! Laerskool Gansbaai is trots op jou harde werk en deursettingsvermoë! Hou so aan, Isabelle!
![]()










