Laerskool Eikestad sport uitblinkers
ADVERTISEMENT
Laerskool Eikestad Inter Africa o.11 tennisspelers onoorwonne
Eikestad se o.11A en B – tennisspanne het deelgeneem aan die Inter Africa / Truida Kestell Tennistoerooi in Bethlehem. Die spanne het uitstekende tennis gespeel tydens die 4 dae. Die o.11A-seuns het op dag 4 in die finaal gespeel en Grey Kollege gemaklik geklop om die toernooi onoorwonne af te sluit en die A-afdeling te wen. Die o.11B – dogters was ook onoorwonne tydens die toernooi en wen die dogters se B-afdeling.

Hokkie | Boland
Baie geluk aan Christiaan De Waal, Helen Marie Stofberg, Tiana Angrisano, Klara Lea Basson en Leila Venter wat opgeneem is in die verskeie o.13-Boland-streekspanne.

Rugby | Cravenweek
Baie geluk aan Ziyaad Jappie en James Gerber wat altwee gekies is vir die WP o.13A-Cravenweekspan.
Netbal | Wes-Kaap
Baie geluk aan die dogters wat opgeneem is in verskeie provinsiale netbalspanne. Dalinda Nel (o.12 Wes-Kaap), Zelri Marx (o.13-Wynland), Isela Coetzee (o.13 Wes-Kaap), Nita Hurter (o.13 Wes-Kaap) en Alet Louw (o.12 Wes-Kaap)

Netbal










