Laerskool Park neem deel aan die Kobus Wiese Supertoernooi in die Paarl
ADVERTISEMENT
Die o.13-rugby- en netbalspanne het van 27 Maart tot 1 April aan die Kobus Wiese Supertoernooi in die Paarl deelgeneem. Hierdie spanne het teen sterk kompetisie van regoor die land meegeding. Ons leerders het alles gegee en met trots 100% Parkies verteenwoordig! Baie dankie aan die personeellede wat hierdie leerders vergesel het – julle ondersteuning word opreg waardeer. Baie geluk aan die volgende Laerskool Park spelers wat as Speler van die Wedstryd aangewys is:
- Avaro Potgieter
- Xavi van Aswegen
- Reghardt Smit
- Layken Prinsloo
- Miané Schutte
- Kiran Jansen
- Mia Rossouw










