Laerskool Durbanville produksie word genooi na die KKNK
ADVERTISEMENT
Laerskool Durbanville se junior toneelproduksie, Kosblik, is gekeur om vanjaar by die KKNK op te tree. Hulle tree op by die Klein KKNK-teater as deel van die Feesmark en is die enigste laerskool wat genooi is na die KKNK met hul produksie. Die toneelgroep bestaan uit 17 leerders en tree 26 en 27 Maart op.











