Laerskool Durbanville leerders in die Top 5 van WKOD Spelkompetisie
ADVERTISEMENT
Ter viering van Internationale Moedertaaldag het die WKOD ‘n spelkompetisie vir Graad 4-leerders op Saterdag, 21 Februarie 2026 by die Iziko Museum gehou.Twee van Laerskool Durbanville se leerders het gaan deelneem en uitstekend gevaar. Thys Schoeman en Anine Tredoux was albei deel van die Top 5-wenners van die dag. Hulle het wonderlike pryse gewen en het ook spoggerige sertifikate ontvang.
![]()









