Laerskool Cradock o.13A Rugbyspan skop die nuwe seisoen af
ADVERTISEMENT
Die o.13A rugbyspan van Laerskool Cradock is opgewonde om hulle seisoen op oudergewoonte in Grahamstad, by die Frans Erasmus Rugby- en Netbaltoernooi, wat op die 11de en 12de Maart 2022 sal plaasvind, af te skop. Die span verwag ‘n bedrywige rugbyseisoen met baie wedstryde wat op die program beplan is. Na die Frans Erasmus Toernooi, hou Laerskool Cradock ook die jaarlikse o.13 Middellande Toernooi, waar 12 skole aan die dag sal deelneem.
Hierdie toernooi, wat op 21 Maart plaasvind, dien as proewe vir die Middellandespan wat verkies sal word. Laerskool Cradock is ook opgewonde om aan die Marlow/ Santam o.13 Rugbyfees deel te neem, wat die 25ste begin en tot die 28ste Maart 2022 duur. Laerskool Cradock wens alle skole sterkte toe met die wintersportseisoen.

Onder 13-A rugbyspan van 2022.









