Vier van Hoërskool Volksrust leerders verteenwoordig Pumas se o.18 span
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Volksrust is trots om aan te kondig dat vier van hul seuns die eer het om die Pumas se o.18-span te verteenwoordig tydens die komende vakansie. Die jong talentvolle spelers is Sipho Dube, Ketho Thwala, Thami Kubheku en Matthew MacDonald. Hierdie prestasie is ‘n bewys van hul harde werk, toewyding en die uitstekende afrigting wat hulle by die skool ontvang het. Die hele Volkies-gemeenskap is uiters trots op hierdie seuns en wens hulle alle sukses toe in hul sportloopbane.
Baie geluk aan Sipho, Ketho, Thami en Matthew met hierdie merkwaardige prestasie. Julle het die naam van Hoërskool Volksrust hoog gehou en ons glo dat julle voort sal gaan om groot hoogtes te bereik.
![]()










