Laerskool Bellville -Noord leerders geniet ‘n tweede Ipic Play Pret netbaldag
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord ‘n tweede Ipic Play Pret-netbaldag vir volwassenes en oud-skoliere aangebied. Die vorige een was net voor Covid toegeslaan het. Dit was ‘n baie lekker dag vol pret, baie gelag, regtig goeie netbal en gelukkig min beserings. Hier is foto’s van net ‘n paar van die spanne wat van die dag ‘n groot sukses kom maak het. Dankie julle.

Hier is die Hurricanes-span (meestal oud-BN’ers met ‘n maat of twee wat uithelp) teen die Doelbewus-span.

Hier is die Goldfingers wat teen die Silwer Foxes moes speel met die ondersteuners van albei spanne.

Hierdie is almal oud-Bellville-Noorders wat die Ipic Play Pret-netbaldag bygewoon het en so hul almamater kom ondersteun het.

Hierdie is almal oud-Bellville-Noorders wat die Ipic Play Pret-netbaldag bygewoon het en so hul almamater kom ondersteun het.










