Laerskool Bellville-Noord hou hul eerste ColourFunRun
ADVERTISEMENT
Die OOV (Ouer-onderwysersvereniging) het op Donderdag, 24 Maart, hul heel eerste “ColourFunRun” gehou. Dit was in die plek van die uiters gewilde BN OOV 5 Km Gesinspretstap wat weens nuwe regulasies deur die Stad Kaapstad vereis nie nou kon plaasvind nie. Die kinders en ‘n hele paar ouers, asook alumni van tot ‘n hoërskool in die Paarl, het kom deelneem. Hier was van kinders in ‘n stootwaentjie tot oumas en oupas wat deelgeneem het. Die waterwurm of waterglybaan wat deel was van die baan was beslis een van die hoogtepunte.
Hierdie nuutjie vir Bellville-Noord gaan beslis weer plaasvind, maar dan dalk met twéé waterwurms én wanneer dit nog lekker warm vroegaand is. Ons sal dan ook beter voorbereid wees om ons wat wit baddens by die huis het se baddens weer wit te kry….meeste het nou geel, oranje of blou skynsels bygekry!















