Hoërskool Rob Ferreira Danie Rossouw Rugbyweek uitslae
ADVERTISEMENT
Vanjaar het Rob Ferreira Hoërskool die 8ste jaarlikse Danie Rossouw rugbyweek aangebied. In 2013 besluit Rob toe om hul eie toernooi aan te bied, ter voorbereiding van die rugbyseisoen, aangesien toere op daardie stadium so duur geraak het. Ons besluit toe om hierdie week na een van die groot name in Wêreld rugby te vernoem, ene Danie Rossouw, wat ook hier in Rob gematrikuleer het. Hierdie toernooi sluit dan ook in ouderdomsgroepe van O/14 tot 1ste span vlak. In 2022 ervaar ons ‘n opkoms in getalle, met menige skole wat by ons aansluit, ‘n totaal van ‘n 1000 spelers op die week uit skole vanuit Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.
Die formaat van die week is dan ook van so aard dat ons spelers soveel as moontlik blootstelling aan ander tipe spel patrone gee, deur die bepalings so uit te werk dat spanne wat mekaar in ‘n liga wedstryd of vriendskaplike wedstryd sal speel, indien moontlik, nooit teen mekaar sal speel nie, en dan ook te verseker dat wedstryde sover moontlik krag teen krag is. Daar was op die ou einde 66 wedstryde op 3 velde gespeel (4 op laaste dag), met elke skool wat dan 3 wedstryde speel.
Die dae het ook baie goeie kompetisie opgelewer met slegs ‘n paar spanne (6 uit 44) wat geen wedstryd verloor het nie. Rob Ferreira se eie spanne doen baie goed, met ons 1stes en o.16 spanne wat geen wedstryd verloor nie. Ander uitslae kan gesien word by https://danierossouwrugbyweek.co.za/rugbyweek-program/uitspele/
Al die aksie op die A en B veld is “gelivestream” met die C-veld se wedstryde wat na die tyd op ons webtuiste by danierossouwrugbyweek.co.za gelaai is. Indien mense na die A en B-veld se wedstryde wil kyk, kan hul op digitv onder Robtv die wedstryde gaan kyk. Daar is ook baie fotos op ons webtuiste wat ouers kan gaan aflaai. Daar sal hulle ook die man van elke wedstryd kry, met ‘n foto saam met die trofees wat deur Buco Witirivier geborg is.
Toeskouers het ook die dae baie geniet en die mense op die pawiljoen was goeie motivering vir die spelers om hul beste te gee. Tussen wedstryde het die toeskouers toegesak op die stalletjies wat hamburgers vanaf Rob-a-licious, pizza vanaf Debonairs en ‘n ou stapel, pannekoek insluit.Na afloop die toernooi is ook 2 toerspanne aangewys wat in Oktober na Spanje gaan toer. Ons was baie bevoorreg ook om vir Danie Rossouw hier te hê om die seuns sterkte toe te wens en geluk dat hulle die toerspan gehaal het.
Sonder borge is so week ook natuurlik baie moeilik en ons is trots om te sê dat Mahindra Nelspruit as hoofborg by ons aangesluit het in 2022. Ons ander borge sluit in Ocean basket, Twinz, Debonair’s pizza, Buco, Pick en Pay, Elmadre slaghuis en Hi-tech sekuriteit. Baie dankie ook aan hulle wat hierdie week vir ons moontlik gemaak het.























