Laerskool Bastion het vier atlete in die WP-Landloopspan
ADVERTISEMENT
Na afloop van die WPA en Kaap Metro Skole Landloopkampioenskappe wat op 10 Augustus plaasgevind het, is Laerskool Bastion trots om vier atlete te hê wat in hul onderskeie ouderdomsgroepe in die WP-Landloopspan opgeneem is. Die vier atlete is Dihan Stassen (o.10 seuns), Nalien Potgieter (o.12 meisies), Lindie Heersink (o.13 meisies) en Lisakhanya Mbulawa (o.14 seuns).
![]()










