Laerskool Bakenkop leerlinge presteer by die Wiskunde Olimpiade
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Bakenkop se wiskunde-slimkoppe! Mia Erlank, Liam Rieckert en Arno Paton het nie net deurgedring na die provinsiale rondte in Gauteng vir die Wiskunde Olimpiade nie, maar hulle is ook onder die top 20 in hul onderskeie grade in Gauteng! Meer as 400 leerders het deelgeneem. ’n Spesiale vermelding aan Liam Rieckert wat dit reggekry het om ’n 2de plek te behaal en onder die top 5 te eindig!












