Laerskool Bakenkop leerder ryg die pryse in by die Graad 7 Meriete Funksie
ADVERTISEMENT
Laerskool Bakenkop se Lana van Schalkwyk ryg die pryse in by die Graad 7 Meriete Funksie: Lana van Schalkwyk het tydens die Gr 7’s se Meriete Funksie behoorlik ‘n kruiwa nodig gehad om al haar trofees na haar ouers se motor toe te neem. Die skrander dogter het behoorlik haar hande vol gehad om elke keer terug geroep te word vir nog ‘n trofee of toekenning. Sy ontvang ‘n Goue sertifikaat vir Besondere Akademiese Prestasie in:
- Afrikaans, Engels , Wiskunde , Natuurwetenskappe en Tegnologie, Sosiale Wetenskappe, Tegnologie, Skeppende Kuns, Lewensoriëntering en Ekonomiese Bestuurswese. Dit is al 9 Vakke. 📜Sy is sedert Graad 4 op die Top 10 vir akademie elke kwartaal.
- Sy ontvang ‘n spesiale erkenning vir leierskap as onderhoofdogter
Sy ontvang ook:
- Kleure: Redenaars Tweetalig Artistatue Nasionaal waar sy 3de eindig.
- Erekleure: Redenaars ATKV omdat sy daar aan die Nasionale kompetisie deelgeneem het.
- Erekleure: Omdat sy deel was van die Senior Koor wat RMS Ligawenners was.
- Sy is die Beste Interne Redenaar in Gr. 7
- Sy is the Best Internal Orator in Gr. 7
Sy ontvang ‘n trofee vir:
- Die Beste Redenaar in die Senior Fase
- Best Orator Senior Phase
- Beste tweetalige redenaar in die Senior Fase
- Toppresteerder in Afrikaans Gr 7 2024
- Toppresteerder in Engels Gr 7 2024
- Toppresteerder in Wiskunde Gr 7 2024
- Toppresteerder in Tegnologie Gr 7 2024
- Toppresteerder in Skeppende Kuns Gr 7 2024
- Toppresteerder in Sosiale Wetenskappe Gr 7 2024
- Toppresteerder in Lewensorientering Gr 7 2024
- Sy is die Veelsydigste Dogter in Gr 7 2024
- Beste Leser in Gr 7 2024
- Beste Algemene Kennis in Gr 7 2024
- Sy is uiteraard ook die Dux Leerder 2024
Lana begin volgende jaar haar hoërskool loopbaan by Midstream Kollege.Hulle weet nie wat jy weet nie Lana! Baie geluk met al hierdie toekennings. Ons is baie trots op jou.
![]()










