Hoërskool Ermelo vereer tydens Msukaligwa prysuitdeling
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo vereer tydens Msukaligwa prysuitdeling. Msukaligwa plaaslike munisipaliteit het op 17 Februarie ’n prysuitdelingsfunksie aangebied en het presterende skole en leerders vereer vir goeie prestasies. EHS ontvang ’n sertifikaat vir die beste presterende skool met ’n 100% slaagsyfer. Lood Geldenhuys is tweede in die afdeling vir kwintiel-5-skole en ontvang benewens ’n sertifikaat ook verskeie kombuistoebehore as prys. Dit is met dankbare harte dat EHS hierdie toekennings in ontvangs geneem het.

Meneer SP Grobler, hoof van EHS, met die sertifikaat toegeken aan EHS.









