Laerskool Bakenkop fietsry personeel presteer
ADVERTISEMENT
Mnr. Marnus en Mnr Glen , saam met ’n eksterne spanmaat, het die Trans Baviaans – ’n 230 km fietsry-uitdaging van Willowmore tot Jeffreysbaai – aangepak en 23ste algeheel geëindig uit meer as 500 spanne!
Ons ander gesoute fietsry personeellid , Mnr Stef Hennop, het ook die wedren voltooi – met ’n indrukwekkende tyd van 16 ure!
En asof dit nie genoeg is nie… een van onsBakkie-pappa’s, Riaan Furstenburg, het ook hierdie ikoniese en taai kompetisie met durf en deursettingsvermoë klaargemaak! Ons is trots op ons onnies én ouers wat wys dat Bakies nie net op die veld wen nie, maar oral waar hulle hulself uitdaag!














