Laerskool Rooihuiskraal stel hul nuwe Adjunkhoof bekend
ADVERTISEMENT
Dit is vir ons ‘n voorreg om aan ons Rooimierpersoneel,-ouers, -leerders en gemeenskap mee te deel dat Mnr Deon Lubbe aangestel is as Laerskool Rooihuiskraal se nuwe Adjunkhoof. Mnr Lubbe leef daagliks sy passie vir die onderwys met goot trots uit – ‘n taak wat hy meesteerlik uitvoer in die klas sowel as op buite-kurrikulêre terrein.Die Beheerliggaam is opgewonde om Mnr Lubbe in hierdie posisie te verwelkom en ons sien met groot verwagting uit na sy bydrae en leiding om Laerskool Rooihuiskraal tot groot hoogtes aan te spoor.










