Laerskool Bellville-Noord se onderwysers het die jaar afgesluit op ‘n rolbalbaan
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord se onderwysers het die jaar afgesluit met ‘n lekker ontspanne en informele spanbou-aktiwiteit op ‘n rolbalbaan. Vir meeste was dit die eerste keer wat hul aan hierdie spel blootgestel was. Daar was tog ‘n hele paar wat nogal ‘n aanvoeling daarvoor getoon het. Na afloop van die spel het almal ‘n heerlike ete meegemaak.

Personeel

Me. Esmé Uys met een van die beste pogings van almal.









