Laer Volkskool MatchPoint 0.10 Toernooi uitslae
ADVERTISEMENT
Laer Volkskool MatchPoint 0.10 Toernooi uitslae.Drie seunspanne en een dogterspan het aan die o.10 tennistoernooi deelgeneem. Vir baie spelers was dit hul eerste toernooi en die opgewondenheid was groot. Die spelertjies het goed gespeel en dit baie geniet. LVS se eerste o.10 dogterspan het 5de in hul afdeling geeindig en die eerste o.10 seunspan 4de. Geen plekke is toegeken aan die ander spanne wat in die B-afdeling gespeel het nie, maar elkeen is met ‘n prys huis toe. Dankie aan MatchPoint vir die heerlike toernooi en dankie aan die ouers wat as spanbestuurders opgetree het.
Seuns Voor: Matt Henderson, Isak Naude, Hermius Botha, Luke Steyn, PW Badenhorst Agter: Frederick de Klerk,Cobus Lotter,Gerrit.Jordaan,Marco Terblanche
Dogters Voor: Elmare Naude Agter: Nele Wolfaardt, Mine.Coetzee, Layla de Beer









