Kultuur prestasie vir Paul Roos Gimnasium
ADVERTISEMENT
Paul Roos Gimnasium het hierdie week die voorreg gehad om blootgestel te word aan internasionale musiekstandaarde. Die wêreldbekende Crossbones Trombones van België het die skool besoek en ‘n werkswinkel en uitvoering gelewer. Die musiekdepartement is ook deur Me Asya Asamova van Rusland besoek wat ‘n werkswinkel oor die bou van instrumente aangebied het.












