Leerder maak Hoërskool Bredasdorp tots by die ATKV-kultuurkuier
ADVERTISEMENT
Van 13 tot 15 Mei het Willem Strauss leerder van Hoërskool Bredasdorp skool trots tydens die jaarlikse ATKV-kultuurkuier by Goudini Spa verteenwoordig. Die tema van vanjaar se kuier (Innovasie & Hoop) het gefokus op die rol van die individu – elkeen se verantwoordelikheid om by te dra tot hoop, ontwikkeling en ‘n suksesvolle Suid-Afrika.
Verskeie inspirerende gassprekers het hulle ervarings gedeel en praktiese idees aangebied oor hoe gemeenskappe saam uitdagings kan oorkom. Voorbeelde van suksesvolle projekte het deelnemers gemotiveer om ook ‘n positiewe verskil in hul eie omgewings te maak. Ons is besonder trots op ons ATKV Byekorf-jeugtak wat vanjaar ‘n toekenning ontvang het vir hul uitmuntende funksionaliteit ‘n bewys van toewyding, samewerking en leierkap.
Ons BD’s het nie net ‘n bedrywige jeugtak nie, maar neem jaarliks ywerig deel aan beide die Junior en Senior ATKV Olimpiades, asook die landswye Redenaarskompetisie. Baie geluk aan Willem (ondervoorsitter) en Suzanne Pretorius (voorsitter) en die hele BD ATKV Byekorf-tak met Willem Strauss hierdie mooi toekenning










