Kosbare bande gevier by Hoërskool Hans Strijdom
ADVERTISEMENT
Hoërskool Hans Strijdom wil graag ons opregte dank uitspreek aan elke ma en dogter wat deel was van hierdie besondere aand. Dit was werklik ’n suksesvolle en baie spesiale geleentheid waar kosbare herinneringe geskep is.
’n Groot dankie aan ons inspirerende spreker, Ds. Liesel Krause-Wiid, wat met haar opregte en bemoedigende boodskap elkeen se hart aangeraak het.
Sulke oomblikke herinner ons weer hoe kosbaar die band tussen ma en dogter is iets wat gekoester en gevier moet word. Dankie aan almal wat gehelp het om die aand moontlik te maak!
Eregaste eetgoed – SOUT




















