Hoërskool Ermelo by Mamma Mia op Moedersdag
ADVERTISEMENT
Terwyl die Hoërskool Ermelo musiekblyspel se repetisies vir 2024 in volle swang voortgaan, het van die leerders op Sondag, 12 Mei 2024, asem geskep en die befaamde “Mamma Mia”-vertoning te Teatro by Monte Casino gaan kyk. Dit was ‘n ware belewenis! Die Erries het nuwe krag en inspirasie vir die verhoog en het die uitstappie vreeslik geniet. Die busrit terug het daarvan getuig toe ‘n mengelmoes van welbekende liedjies soos “Voulez-Vous”, “Money! Money! Money!” sowel as “The Winner Takes It All” met passie en geesdrif gesing is.
Baie dankie aan elkeen betrokke. Dit was ‘n onvergeetlike ervaring!
Die groep onderwysers en leerders wat Mamma Mia gaan kyk het.










