Bethlehem Voortrekker karatekas aangewys as Top 1 dojo in SA
ADVERTISEMENT
Bethlehem Karate Klub het die naweek van 21 Mei 2022 aan die jaarlikse JKS Nasionale Karate Kampioenskappe in Johannesburg gaan deelneem. Dit is altyd ‘n baie strawwe kompetisie waar al die JKS Karate Klubs van regoor die land teen mekaar meeding. Bethlehem Karate se karatekas het uitstekend gevaar en as Top 1 dojo in die land geeindig met ‘n totaal van 54 medaljes. Die volgende leerders het deelgeneem en soos volg presteer:
- Gerhard van der Merwe: Goud – Kata en Goud – Kumite in Ontwikkelings afdelings
- Nathan Helm: Goud – Kata, Silver – Kumite in Elite Afdelings en Goud – Koten Kata, Goud – Span Kata
- Katleho Moloi: Silver – Kata en Goud – Kumite in Elite Afdelings en Goud – Span Kata
vlnr:
Gerhard van der Merwe, Nathan Helm, Katleho Moloi










