Mnr en Mej Hoërskool Volksrust 2022
ADVERTISEMENT
Mnr en Mej VHS 2022
Hoërskool Volksrust het weereens gesorg vir top klas vermaak tydens die jaarlikse Mnr en Mej VHS. Volkies se gekose kandidate het definitief nie teleurgestel nie en het alombekende Netflix-karakters so goed kom uitbeeld op die Volkieverhoog dat die gehoor heelaand aan hulle lippe kon hang, terwyl hulle heerlik kon smul aan verversings. Al die kandidate was kort op mekaar se hakke, maar Lorianne Magudulela en Zack Kranhold het dit reggekry om die beoordelaars se harte te verower en het weggestap as Mnr en Mej VHS van 2022.
Tiara Naidoo het geglinster as 1ste prinses met Davida Steenkamp as 2de prinses. Tewie Uys was gekroon as 1ste prins met Ben Uijs as 2de prins. Ons sou nie hierdie praggeleentheid kon aanbied as dit nie was vir ons borge, Volksrust Battlefields Lodge, Electronic Boutique, Battlefields Guest House, Espresso Artè Café, MICA, Rolene Strauss, Trio Butchery, Jeanie Hairdressers, Elizabeth Bloemiste, House of Hair, Butterfly Kisses, Simplicity Salon, Volksrust Wimpy, Marius & Lizzy Lamprecht en ons beoordeelaars, Eduan Muller, Noni Kunene en Riska van Rooyen was nie.
Namens die Graad 10 VLR wil ons net sê dat ons beker oorloop van dankbaarheid. Dankie ook aan elke hand wat hulp bygesit het wat daardie aand een vir die boeke gemaak het en ʼn ekstra groot, spesiale dankie aan elkeen wat ons kom ondersteun het. Matrieks van 2022, julle het ware Volkie Guts getoon, mag julle eksamen wat voorlê net so suksesvol wees en los maar vir nou eers die Netflix.
![]()
~Anoushke Houy~










