Hoërskool Volksrust Puk 16 semi-finaal uitslae
ADVERTISEMENT
Puk 16 semi-finaal te Vryheid .Die Suidelike spanne moes ʼn nat semi-finaal trotseer op Hoërskool Pionier se velde. Hoërskool Volksrust se o.14 span wys ook hulle staal alhoewel hulle nie kon slaag om te wen nie. Na hulle 20-0 agter was na halftyd het hulle amper daarin geslaag om tot in bereik van ʼn wen te kom. Eind telling is 25-5 in Hoërskool Delmas se guns. Man van die wedstryd is Bronwin Martins. Hoërskool Volksrust se o.16 span het met baie passie en waagmoed gespeel. Al was die bal baie glad het hulle daarin geslaag om die wedstryd te wen met ʼn telling van 25-12. Man van die wedstryd is Thami Kubeka.
Die tweede span was te sterk vir Oosterland se tweede span gewees met elke keer wat Volksrust aan die bal vat het die span van Oosterland teruggestaan. Hulle wen die wedstryd 40-0 en die man van die wedstryd is Thabiso Makitla.

Hokkie te Pionier
Dit was ‘n koel Saterdagoggend. Volkies het die reën trotseer op die pragtige velde van Hoërskool Pionier en soos gewoonlik het die koue nie die hokkie bokkies van Volkies teruggehou nie. Ons is baie opgewonde oor die seisoen wat voorlê na die uitstekende hokkie wat Saterdag gespeel was vir die Puk-16 semi finaal.
Hier volg die uitslae teen die onderskeie skole waarteen ons dogters deelgeneem het:
- 0.14: Wen 4-2 teen Hoërskool Delmas
- 0.15: Wen 7-0 teen Hoërskool Stofberg
- 0.16: Wen 14-1 teen Hoërskool Pretoria Noord
- 2de Meisies: Wen 10-1 teen Hoërskool Pretoria Noord
- 1ste Meisies: Wen 1-0 teen Hoërskool Pretoria Noord
Baie sterkte aan elke speler en speelster vir hul onderskeie wedstryde wat Saterdag, die 23ste April plaasvind in Potchefstroom. ~me. Carli Ernst~

Netball
On 9 April, Volksrust High School played in the PUK 16 semi-finals at Pionier High School in Vryheid. Our Netball girls did extremely well and we are very proud of the discipline and team spirit shown on court. Our 1st and 2nd team could however not play due to the weekends rainy weather.
We are ready for the League that will commence on 7 May with our first game against Standerton on their home ground. Good luck to all our girls.
Congratulations to the “Man of the Match” of the different teams:
- 0/14 Oratile Thobjane Gr 8
- 0/15 Sneliso Magubane Gr 9
- 0/16 Noluthandu Mphuti Gr 10










