Hoërskool Outeniqua leerder sluit die swemseisoen op `n hoë noot af
ADVERTISEMENT
Hoërskool Outeniqua Veneske Steenkamp (17 jaar, Graad 12) het die swemseisoen op ‘n hoë noot afgesluit met haar deelname aan die SA Youth Nationals Swemkampioenskappe wat van 18-20 Maart 2026 in Gqeberha plaasgevind het. Met 392 swemmers vanuit 89 klubs van regoor Suid-Afrika was die kompetisie besonders sterk. Dit was nie net ‘n uitdaging nie, maar ook ‘n ongelooflike kompetisie op nasionale vlak vir swemmers in die ouderdomsgroep 17-25 jaar. Veneske het aan 7 individuele items deelgeneem en vir 4 finale (Top 8 gekwalifiseer. Haar prestasies is as volg:
Silwer – 200 meter Vlinderslag
Brons – 800 meter Vryslag
Finale – 400 meter Vryslag
Finale – 100 meter Vlinderslag
Veneske, Kwaggaland is trots op jou deursettingsvermoë en prestasies. Welgedaan!










