SA Nasionale Junior swemprestasie vir Hoërskool Rustenburg
ADVERTISEMENT
SA Nasionale Junior swemprestasie vir Hoërskool Rustenburg. Tydens die SA Nasionale Junior-swemkampioenskappe wat in Durban plaasgevind het, 17-24 Maart, was daar meer as ‘n 1500 swemmers uit 5 verskillende lande wat deelgeneem het. Tussen die MASSAS het die twee Rusties, Wiaan Vorster en Simoné Henning by verre kop uitgesteek. Hul behaal die volgende merkwaardige prestasies!
Wiaan Vorster
- 9de – 100m-rugslag
- 9de – 200m-rugslag
- 4de – 4 x 100m-individuele wisselslag
- 4de – 4 x 50m-vryslagaflos
Simoné Henning
- 10de – 200m-vlinderslag
- 7de – 200m-individuele wisselslag
- 7de – 200m-rugslag
- 9de – 100-rugslag
- 15de – 200m-vryslag

Simone Henning tydens die SA Nasionale Junior swemkampioenskappe

Wiaan Vorster tydens die SA Nasionale Junior swemkampioenskappe









