Huidige en oud Laerskool Bellville-Noord leerders neem deel aan nasionale fiksheidsportkompetisie
ADVERTISEMENT
Vier oud Laerskool Bellville-Noord leerders (Danica van Eden, Kiana Kaltwasser, Zara Smit en Zia van Rensburg) het deelgeneem aan die South African Sports Aerobics & Fitness National Championships. Dit het plaasgevind op 14 en 15 Junie te Kuilsrivier. Ons is trots op hierdie oud-BN’ers. Danica het dan ook ‘n goue medalje in haar afdeling gewen waaroor ons baie bly is. Sy is dus beste in SA in haar afdeling.
Dié vier meisies is tans onderskeidelik in HS Bellville, DF Malan en Stellenberg. Hul word afgerig deur Angie Decker. Sy rig ook huidige Bellville-Noorders af waarvan Heidi Lerm (gr. 6) ‘n silwer medalje gewen het.
Al die Laerskool Bellville-Noord (huidige en alumni) wat deelgeneem het aan die South African Sports Aerobics & Fitness National Championships saam met Angie Decker, hul afrigter.










